Jong Turke

Die vlag van die Jong Turke-rewolusie.
’n Litografie wat die rewolusie gedenk.

Die Jong Turke (Turks: Jön Türkler, van die Franse Les Jeunes Turcs) was ’n politieke hervormingsbeweging in die vroeë 20ste eeu wat hulle beywer het vir die vervanging van die Ottomaanse Ryk se absolute monargie met ’n grondwetlike regering. Hulle het ’n rebellie gevoer teen die absolute heerskappy van sultan Abdülhamid II en dit het gelei tot die Jong Turke-rewolusie van 1908.[1] Deur die rewolusie het die Jong Turke gehelp om die Tweede Grondwetlike Typerk in die ryk te vestig, met die land se heel eerste tydperk van veelpartydemokrasie.[2]

  1. Hanioğlu, M. Şükrü (1995). The Young Turks in Opposition. Oxford University Press. ISBN 0-19-509115-9..
  2. Akçam, Taner (2006), A Shameful Act: The Armenian Genocide and the Question of Turkish Responsibility .

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search